Europese Unie


Vlag van die Europese Unie
Ligging van die Europese Unie
Spesiale gebiede van die lidlande van die Europese Unie: ██ Europese Unie ██ Afhanklike gebiede ██ Oorsese gebiede
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese state met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.
Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 502 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €11.5 ($15.0) triljoen in 2006.[1] Die Unie is ook 'n enkelmark[2] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[3] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 17 lede aanvaar is.
Burgers van EU-lidmaatstate is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidstate kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidstate is deur die Schengen-ooreenkoms tot niet gemaak.[4]
Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 23 amptelike tale.

Geskiedenis

Ratifikasie van die Grondwet vir Europa:██ Ja - Deel van die toetreding onderhandel ██ Ja - Parlement ██ Ja - Referendum ██ Nee - Referendum ██ Referendum gekanselleer ██ Parlament gekanselleer
Ratifikasie vooruitgang van die Verdrag van Lissabon in die Europese Unie.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die idee pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. Jean Monnet, Robert Schuman en Konrad Adenauer het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur tekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.
Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, geteken deur dieselfde ses lande, het die Euratom en die Europese Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur tekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Kommissie, die Raad en die Parlement.
In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal in 1986. Die Verdrag van Maastricht, geteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie. In 1995 het Oostenryk, Finland en Swede lede geword van die EU.
Die euro is ingevoer in 2002. Tien nuwe lande het in 2004 lede geword van die EU: Estland, Hongarye, Letland, Litoue, Malta, Pole, Siprus, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. In 2007 het Bulgarye en Roemenië nog bygekom, sodat die EU nou in totaal uit 27 lidstate bestaan. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 geteken. Op 1 Julie 2013 is die toetreding van Kroasië beplan en op 1 Januarie 2014 sal die Franse oorsese gebied Mayotte deel van die EU-gebied word.

Tydlyn

Tydlyn met die evolusie van die struktuur van die Europese Unie.
Onderteken
In werking
Dokument
1948
1948
Brussel
1951
1952
Paris
1954
1955
Modified Brussel
1957
1958
Rome
1965
1967
Samesmelting Verdrag
1975
N/A
Europese Raad
1986
1987
Europese Akte
1992
1993
Maastricht
1997
1999
Amsterdam
2001
2003
Nice
2007
2009
Lissabon
Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif
                       
Pylerstruktuur van die Europese Unie:  
Europese Gemeenskap (EG):  

Europese Atoomenergie Gemeenskap (EAG)









Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) Verdrag 2002 beëindig
Europese Unie (EU)







   
Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG)
Europese Gemeenskap (EG)
    TREVI Justisie en Binnelandse Sake (JBS)  
  Polisiële en justisiële samewerking in strafsake (PJSS)
  Europese politieke samewerking (EPS) Gemeenskaplik buitelands en veiligheidsbeleid (GBVB)
Ongekonsolideerde liggame Wes-Europese Unie (WEU)    
Verdrag 2010 beëindig  
                   

Lidlande

Lidlande volgens jare
Kandidaatlande van die Europese Unie: ██ Lidlande ██ Kandidaatlande ██ Aansoek om lidmaatskap ██ Toetreding in 'n referendum verwerp ██ Aansoek gevries ██ Aansoek deur EG verwerp
Lidlande van die Schengen-ooreenkoms: ██ Schengen-lidlande van die Europese Unie ██ Ander Europese Schengen-lidlande ██ Kandidaatlande van die Schengen-ooreenkoms ██ Vennootlande
Lidlande van die Unie van die Middellandse See: ██ Lidlande van die Europese Unie ██ Ander lidlande
Oostelike vennootlande van die Europese Unie: ██ Europese Unie ██ Vennootlande
Datum Geskiedenis van die lidmaatskap van die EU No.
1 Januarie 1957 Vlag van België België, Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitslanda, Vlag van Frankryk Frankryk, Vlag van Italië Italië, Vlag van Luxemburg Luxemburg, Vlag van Nederland Nederland 6
1 Januarie 1973 Vlag van Denemarke Denemarkeb, Flag of Ireland Ierland, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 9
1 Januarie 1981 Vlag van Griekeland Griekeland 10
1 Januarie 1986 Vlag van Portugal Portugal en Vlag van Spanje Spanje 12
1 Januarie 1995 Vlag van Finland Finland, Vlag van Oostenryk Oostenryk, Vlag van Swede Swede 15
1 Mei 2004 Vlag van Estland Estland, Vlag van Hongarye Hongarye, Vlag van Letland Letland, Vlag van Litaue Litaue, Vlag van Malta Malta, Vlag van Pole Pole, Flag of Cyprus Siprusc, Vlag van Slowakye Slowakye, Vlag van Slowenië Slowenië, Flag of the Czech Republic Tsjeggië 25
1 Januarie 2007 Vlag van Bulgarye Bulgarye en Vlag van Roemenië Roemenië 27
1 Julie 2013 Vlag van Kroasië Kroasië 28
a Op 3 Oktober 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.
b Groenland het in 1979 outonoom van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.
c de facto is slegs die suidelike deel van Siprus 'n lidland van die EU. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is 'n omstrede gebied en word net deur Turkye erken.

Kandidaatlande

Huidige Kandidaatlande van die Europese Unie is Masedonië, Montenegro, Serwië, Turkye en Ysland. Potensiële Kandidaatlande is Albanië, Bosnië-Herzegowina en Kosowo. Voormalige Kandidaatlande is Marokko, Noorweë en Switserland.

Bestuur

Verdrae

Die EU is gegrondves op twee verdrae: die Verdrag betreffende die Europese Unie en die Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie.[5] Daar is ook nog 'n apart verdrag vir Euratom.

Instellinge en ander liggame

Instellinge

Die instellinge van die Europese Unie is[6]:
  • Die Europese Kommissie
  • Die Europese Parlement
  • Die Europese Raad (ook wel Europese top genoem)
  • Die Europese Rekenkamer
  • Die Europese Sentrale Bank
  • Die Hof van Justisie van die Europese Unie
  • Die Raad van die Europese Unie (ook wel Raad van Ministers genoem)
Europese Parlement
Verspreiding van setels per land in die Europese Parlement[7]:
  1952 1958 1973 1979 1981 1986 1990 1994 1995 2004 2007 2009 2010 2014
Europese Unie 78 142 198 410 434 518 536 567 626 732 785 736 754 751
België 10 14 14 24 24 24 24 25 25 24 24 22 22 22
Duitsland 18 36 36 81 81 81 99 99 99 99 99 99 99 96
Frankryk 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 74 74
Italië 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73
Luxemburg 4 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6
Nederland 10 14 14 25 25 25 25 31 31 27 27 25 26 26
Denemarke

10 16 16 16 16 16 16 14 14 13 13 13
Ierland

10 15 15 15 15 15 15 13 13 12 12 12
Vereinigde Koninkryk

36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73
Griekeland



24 24 24 25 25 24 24 22 22 22
Spanje




60 60 64 64 54 54 50 54 54
Portugal




24 24 25 25 24 24 22 22 22
Finland







16 14 14 13 13 13
Oostenryk







21 18 18 17 19 19
Swede







22 19 19 18 20 20
Estland








6 6 6 6 6
Letland








9 9 8 9 9
Litaue








13 13 12 12 12
Malta








5 5 5 6 6
Pole








54 54 50 51 51
Slowakye








14 14 13 13 13
Slowenië








7 7 7 8 8
Tsjeggië








24 24 22 22 22
Hongarye








24 24 22 22 22
Siprus








6 6 6 6 6
Bulgarye









18 17 18 18
Roemenië









35 33 33 33
Europese Raad
Gebou van die Europese Kommissie in Brussel, België.
Die Europese parlamentsgebou in Straatsburg, Spanje.
Gebou van die Europese Raad en die Raad van die Europese Unie in Brussel.
Die Europese Rekenkamer in Luxemburg-stad.
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland.
Vorsitter van die Europese Raad (voor 2009) en van die Raad van die Europese Unie[8]
Jaar, Land (Eerste ses maande, Tweede ses maande)
2007 Duitsland, Portugal 2008 Slowenië, Frankryk 2009 Tsjeggië, Swede
2010 Spanje, België 2011 Hongarye, Pole 2012 Denemarke, Siprus
2013 Ierland, Litaue 2014 Griekeland, Italië 2015 Letland, Luxemburg
2016 Nederland, Slowakye 2017 Malta, Verenigde Koninkryk 2018 Estland, Bulgarye
2019 Oostenryk, Roemenië 2020 Finland 2021  

Ander instansies

Ander instansies is:[9]
  • Die Europese Investeringsbank (met daarin inbegrepe die Europese Investeringsfonds).
  • Die Komitee van die Regio's verteenwoordig die regionale belang.
  • Die Europese Ekonomiese en Sosiaal Komitee adviseer oor die ekonomiese en sosiale beleid (hoofsaaklik die verhouding tussen werkgewers en werknemers).
  • Die Europese Ombudsman, wat klagtes oor wanbeleid van EU-instellings ondersoek.

Agentskappe

Daar is ook nog baie EU-liggame, dikwels ingestel deur tweedegraadse wetgewing, wat opgerig is vir 'n spesiaal doel. Hierdie liggame word die agentskappe van die Europese Unie genoem.[9]

Wetgewingsprosedures

Daar is verskillende maniere waarop die Kommissie, die Parlement en die Raad tot Europese wetgewing kom, waarvan die belangrikste die gewone wetgewingsprosedure is.

Regsinstrumente

Die Europese Unie ken 'n aantal regsinstrumente, waarvan die belangrikste die Europese verordening en die Europese riglyn is. 'n Verordening het direkte regskrag, 'n riglyn moet eers in die nasionale wetgewing word deurgevoer.

Verhouding tussen die EU en die lidstate

Verdeling van die bevoegdhede

Die bevoegdhede van die Europese Unie ten opsigte van die lidstate is sedert die Verdrag van Lissabon[10] uitdruklik vasgelê. Hulle word ingedeel in drie kategorieë:
  • Eksklusiewe bevoegdhede: net die EU kan op hierdie vlak optree. Die lidstate kan slegs die beslissings van die EU uitvoer.
  • Gedeelde bevoegdhede: sowel die EU as die lidstate kan wetgewend optree. As die EU wetgewing in hierdie sektore uitvaardig het die EU-reëls wel voorrang op die nasionale wette. Die meeste EU-bevoegdhede is van hierdie soort.
  • Ondersteunende, koördinerende en aanvullende bevoegdhede: soos die naam reeds sê mag die EU die beleid van die lidstate in hierdie sektore ondersteun, aanvul of koördineer. Die lidstate behou egter altyd die volledige wetgewende vryheid. Die EU mag op hierdie vlakke geen harmonisasie tussen die verskillende nasionale stelsels nastreef nie. Meestal kom hierdie soort bevoegdhede in die vorm van 'n finansiële bydrae van die EU.

Regsposisie

Die lidstate van die Europese Unie het mettertyd 'n aansienlike hoeveelheid soewereiniteit oorgedra aan die Europese Unie. Die Europese Unie het as sodanig meer mag as alle andere nie-soewereine streeksorganisasies. Op verskillende terreine begin die EU te lyk soos 'n bondstaat of 'n statebond. Die Unie bly egter gebaseer op verdrae tussen lidstate, waaruit volg dat die Unie slegs bestaan vanuit die wil van die lidstate. 'n Lidstaat kan op elk moment besluit om terug te trek uit die Unie en wysigings aan die verdrae moet deur alle lidstate individueel geratifiseer word.
In hierdie opsig lyk die Europese Unie die mees op 'n statebond, wat in teenstelling tot 'n bondstaat nie soewerein is nie en dus ook slegs bestaan uit die grasie van die lidstate. 'n Statebond in die tradisionele betekenis van die woord het egter veel meer mag, veral op die vlak van buitelandse sake en defensie. Die meeste mense klassifiseer die Europese Unie daarom as 'n struktuur sui generis, 'n unieke vorm van samewerking tussen lande.
Sedert die Verdrag van Lissabon besit die Unie regspersoonlikheid.[11] Dit magtig die Unie om origens geensins wetgewend of andersins op te tree nie, buiten die bevoegdhede wat die lidstate van die EU in die verdrae aan hom toegedeel het.

Intergouvernementalisme en supranasionalisme

Binne die EU bestaan 'n spanningsveld tussen intergouvernementele en supranasionale tendense. Intergouvernementalisme is 'n metode van besluitneming in internasionale organisasies waarby die mag by die lidstate lê en beslissings met eenvormheid geneem moet word. Afgevaardigdes van die regerings of van gekose verteenwoordigings het uitsluitend adviserende of uitvoerende funksies. Die meeste internasionale organisasies het teenwoordig 'n intergouvernementele grondslag.
Supranasionalisme is 'n ander metode van besluitneming. Hier lê die mag by onafhanklike afgevaardigdes van die regeringe of van gekose verteenwoordiginge. Lidstate het nog steeds mag, maar moet hierdie mag deel met ander instansies. Bowendien word beslissings net by 'n meerderheid van stemme geneem. Dit kan dan ook gebeur dat 'n lidstaat, gedwonge deur ander lidstate, 'n beslissing teen sy wil moet uitvoer.
Beide vorme van besluitneming het aanhangers binne die EU. Voorstanders van supranasionalisme redeneer dat dit die proses van integrasie kan versnel. Wanneer beslissings wat eenvorme goedkeuring van alle betrokke regerings vereis, kan dit jare duur voordat 'n besluit geneem word. Voorstanders van intergouvernementalisme argumenteer dat supranasionalisme die soewereiniteit en die demokratiese gehalte van afsonderlike state in gevaar bring en meen dat die legitimiteit van gemeenskaplike besluite alleen afgelei kan word van die legitimiteit van die nasionale regerings. Frankryk is tradisioneel 'n voorstander van 'n intergouvernementele EU gewees. Dit geld ook vir euroskeptiese lande soos die Verenigde Koninkryk en Denemarke. Lande soos België, Duitsland en Italië neig meer na die supranasionale benadering. In die praktyk balanseer die EU tussen beide ekstreme. Hierdie balans is egter 'n moeisame kompromie, wat dikwels lei tot ingewikkelde besluitnemingsprosesse.

Verwysings

  1. (en) BPP, Eurostat (Besoek op 17 Maart, 2007)
  2. (en) EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. europa.eu: Border-free Europe (single market)
  3. (en) papers.ssrn.com: EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie, 2007.
  4. Sien asb. (en) ec.europa.eu: Schengen: Europe without internal borders, Europa. (Laaste besoek 31 Mei, 2012)
  5. Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Artikel 1
  6. Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 13
  7. (nl) europarl.europa.eu: Leden per lidstaat en fractie // 7de zittingsperiode
  8. (de) eur-lex.europa.eu: BESCHLUSS DES RATES vom 12. Dezember 2005 zur Festlegung der Reihenfolge für die Wahrnehmung des Vorsitzes im Rat
  9. 9,0 9,1 (nl) europa.eu: EU-instellingen en -organen
  10. Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Eerste deel, Titel I
  11. Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 47

Eksterne skakels

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Europese Unie (kategorie)
  • (en) Amptelike tuisblad
  • (en) Europese Parlement
  • (en) Raad van die Europese Unie
  • (en) Europese Kommissie
  • (en) Europese Raad
  • (en) Europese Sentrale Bank

Σχόλια

Δημοφιλείς αναρτήσεις από αυτό το ιστολόγιο

Διατλαντικές Σχέσεις: Μια Σύνθετη και Κρίσιμη Δυναμική το 2025

Ανησυχία της Ελλάδας για τις εκλογές στην Αλβανία

Αιγαίο Πέλαγος